Studie oor voornemende sandmyne in Kunene

Geo Pollution Technologies is deur die maatskappy West Coast Investments aangestel om ‘n ongewing impakstudie uit te voer om sand by drie plekke langs die D3700-distrikspad in die Kunene-streek te myn. Riviersand by Okangwati, Otjivize en Oruhoma word geteiken. Die sand sal volgens wat berig word benut word in die vervaardiging van bakstene sowel as in konstruksieprojekte. Partye wat hierdeur geraak word of net belanghebbendes is, word aangeraai om te registreer. Sandmyne het die afgelope tyd plaaslik nuus gemaak met tradisionele owerhede wat in die noorde groot boetes teen maatskappye opgelê het. Daar is talle onwettige bedrywighede in die verband met ongewingsimpak studies is nodig om sand plaaslik te kan myn.