Studie oor groen waterstof in die Sperrgebiet uitgevoer

Die Namibiese regering gaan ‘n uitvoerbaarheidstudie doen vir die moontlike produksie van groen waterstof by die Springbok-gebied in die Sperrgebiet in die Karas-streek.  Volgens die direkteur van energie in die mynbouministerie, John Titus, het gesê Namibië is in ‘n gunstige posisie met sy uitstekende wind- en sonhulpbronne en die regering wil hierdie hulpbronne ontsluit vir ontwikkelingsdoeleindes en as deel van die herwinbare energiebeleid. Titus sê hierdie bronne kan vir die herwinning van elektrisiteit gebruik word. Die uitvoerbaarheidstudie sal binne twee jaar voltooi wees. Die bieproses sluit op 17 September en die suksesvolle bieër sal in November aangekondig word. Sommige van die bieërs is van Duitsland, die VSA, Suid-Afrika en Australië.