Studentevereniging vaar uit oor toestande van Nam-studente in Kuba

Die Nasionale Afrika-studentevereniging, Nasa, simpatiseer met die nege Namibiese studente wat medies in Kuba onder die Kubaanse beurs-skema studeer. Hulle het ‘n versoek vir ‘n beurs-verhoging aan die Namibiese Studente-hulpfonds gerig. Die studente sê hul lewensomstandighede versleg by die dag weens die knyp van inflasie. Hulle vereis dringende ingryping van die Namibiese regering. Vihemba Paulus, president van die  Nasa, sê die Studente-hulpfonds moet hul ekonomiese model opgradeer om aan die eise van die huidige situasie te voldoen. 

Paulus het ook ‘n beroep op dié studente gedoen wat hulself in sulke situasies bevind, om met hulle in aanraking te kom.