Studente-befondsing in SA het verdubbel

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, sê fondse wat toegeken word aan die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, NSFAS, het sedert 2018 verdubbel. Die totale befondsing beloop nou 42 miljard Suid-Afrikaanse rand in vergelyking met 20 miljard rand in 2018. Hy het gesê net verlede jaar het die skema 750 000 studente gehelp. Nzimande sê dit bewys daar is inderdaad gratis onderrig vir kinders van die werkersklas en arm gesinne.