Stropery van renosters, olifante neem af in Namibië

Die Namibiese omgewingsministerie het die stroopsyfers van renosters en olifante tot dusver vanjaar bekendgemaak. Volgens die woordvoerder, Romeo Muyunda, is nege renosters en vier olifante tot dusver vanjaar gestroop. Altesaam nege renosters is vanjaar gestroop, waarvan drie swartrenosters in die Etosha Nasionale Park en ses witrenosters in privaatbesit. Verlede jaar is 32 renosters gestroop. Altesaam vier olifante is s vanjaar gestroop, waarvan drie olifante in Mei in onderskeidelik die Nyae-Nyae-bewaringsgebied naby Tsumkwe, Ondjou-bewaringsgebied naby Gam en Buffallo-gebied in die Bwabwata Nasionale Park. Die vierde olifant is in Junie in die Mahango-gebied in die Noordooste gestroop. Verlede jaar is 12 olifante gestroop. Muyunda skryf dit toe aan wetstoepassers wat wildstropers vasvat. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *