Strande, braaiplekke gepak op Kersdag

Strande en braaiplekke van die kus tot in die hoofstad was op Kersdag gepak met vakansiegangers. Plaaslike media berig dat duisende mense vanaf Myl 8 tot Jakkalsputz die dag op die strand by die kus deurgebring het en die sogenaamde Mole in Swakopmund was ook vol. In die hoofstad het die tradisionele Kersbraaivleis-vure hoog gebrand by Paaltjies en die Goreangabdam. Tot dusver is daar geen berigte van geweld aangemeld nie maar daar was ‘n handvol motorongelukke, meeste met geringe beserings.