Stormers se Smith kan vir 12 weke geskors word

‘n Dissiplinêre komitee sal môre vergader om ‘n klag teen die Stormers se slot Adre Smith te oorweeg. Hy het na bewering vir Niall Scannell verlede naweek in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd gebyt. Dit het glo gebeur toe hy en die haker van Munster in die 45ste minuut op die grond gestoei het. Smith word onder Wet 9.12 aangekla wat bepaal ‘n speler mag niemand fisiek of verbaal aanrand nie. As hy skuldig bevind word, kan hy ‘n minimum van 12 weke geskors word.