Stormers baklei terug vir 31-22 oorwinning teen die Leeus

Die Stormers het terugbaklei om ʼn agterstand van 12-punte uit te wis en uiteindelik ʼn oorwinning van 31-22 in die Verenigde Rugbykampioenskap oor die Leeus op Ellispark te behaal. Die tuisspan was rustyd met 22-10 voor. Die verdedigende kampioen het vier drieë aangeteken teenoor die Leeus se een. Die Bulle verwelkom die Haaie vanmiddag op Loftus. Dit sal hulle eerste kragmeting wees sedert die Bulle die Haaie die vorige seisoen in die kwarteindstryd van die VRK uitgeskakel het.