Storm Ciarán saai verwoesting

Sewe mense is dood terwyl die storm Ciarán chaos in Wes-Europa veroorsaak het. In Frankryk is ʼn vragmotorbestuurder dood nadat ʼn boom hom getref het terwyl 1,2 miljoen mense volgens berigte sonder elektrisiteit is. ʼn Tweede sterfte is in Le Havre aangemeld terwyl ‘n vrou in Spanje dood is toe ‘n boom op haar geval het. Twee mense is in sentraal-Gent in België dood nadat hulle deur vallende boomtakke getref is. In Nederland is ‘n persoon in Vernay doodgedruk toe ‘n boom op haar geval het. ‘n Ses-en-veertigjarige vrou van Beiere is op ‘n gesinsvakansie in Duitsland dood toe ‘n boom op haar geval het.