Stop entstof nasionalisme – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het weereens ‘n beroep gedoen dat ‘n einde gemaak word aan entstof-nasionalisme. Hy was die hoofspreker by die totstandkoming van die eerste boodskapper-RNA-tegnologie oordragsentrum vir Covid-19-entstowwe, wat in Suid-Afrika opgerig gaan word. Dit word in vennootskap met die Wêreld-gesondheidsorganisasie en Frankryk gedoen. Ramaphosa sê dit is nie billik en reg dat die lewens van mense in welvarende lande baie meer werd is as dié van mense in armer lande nie: