Stigting vir Bemagtiging van Afrikaans besoek Rehoboth in Junie

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans in die buurland is op 15, 16 en 17 Junie in Rehoboth vir Storie-opnames. Dit stigting is ‘n organisasie wat geletterheid  en bemagtiging in gemeenskappe bevorder deur verskeie projekte aan te bied.  Met die nuwe reeks Storie-opnames fokus die stigting op die verskillende dialekte van Afrikaans. Die Afrikaans wat in Rehoboth gepraat word, is een episode. Die projek is die breinkind van hul voorsitter, Sandra Prinsloo. Die veteraan-aktrise is ook die aanbieder van die hele reeks.