Stigter van Bon Jovi sterf

Alec John Such, die baskitaarspeler en ‘n stigterslid van Bon Jovi, is oorlede. Hy was 70. Jon Bon Jovi, 60, het die erkenning gegee aan Such omdat hy die groep bymekaar gebring het. Such, gebore in Yonkers, New York, was ‘n veteraanfiguur op die florerende New Jersey-musiektoneel. Such het die groep in 1994 verlaat en is op bas vervang deur Hugh McDonald. Hy het later weer by die groep aangesluit vir hul inlywing in die Rock & Roll Hall of Fame in 2018. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.