Stiefma wat kind blykbaar ontlasting voer, borg geweier

Die 45-jarige vrou van die Oshana-streek wat in hegtenis geneem is en aangekla is van kindermishandeling en aanranding is borg in die Ondangwa-landdroshof geweier. Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, word daarvan beskuldig dat sy haar sewe-jarige stiefseun die ontlasting van ander kinders gevoer het en dat sy hom geslaan en gebrand het. Na wat beweer word, het die stiefma die kleintjie so behandel omdat hy nie help met huiswerk nie. Die kleintjie se tante het die seerplekke op die sy liggaam gesien en die polisie gekontak. Die saak is tot 5 Januarie uitgestel.