Stick sê Bokke se benadering is nie as gunstelinge

Rugby: Die Springbokke se assistent-afrigter, Mzwandile Stick, sê die Bokke benader nie vandag se toets in die Rugby-kampioenskap met die gedagte dat hulle die gunstelinge is nie. Die Springbokke se laaste oorwinning oor die All Blacks op plaaslike bodem was in 2014 en hulle hoop om dit vanmiddag in die Mbombela-stadion te verander. Die All Blacks het vier nederlae gely in die laaste vyf toetse. Die afskoptyd is vyf-oor-vyf.