Steve Biko Akademiese Hospitaal wen Europese prys

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Tshwane geloof nadat dit die Diamant-Beroerte-toekenning ontvang het op vanjaar se Internasionale Europese Beroerte-kongres. Die gesogte toekenning word uitgeloof deur ‘n internasionale organisasie wat die diagnose en versorging van beroerte-pasiënte wêreldwyd wil verbeter, die Angels. Motalatale Modiba van die departement sê dit is ‘n groot hupstoot vir die behandeling van beroerte in die land.