Sterftes in Grenfell-brand in Londen was voorkombaar

Die openbare ondersoek na die Grenfell Tower-brand in Londen in die Verenigde Koninkryk is na 400 dae van bewyse lewer, afgehandel. Die brand wat op 24 Junie 2017 in die woonstelblok uitgebreek het, het 72 lewens geëis. ‘n Raadgewer in die ondersoek, Richard Millett, sê elkeen van die sterftes kon voorkom word. Hy sê die tragedie is veroorsaak deur ‘n ingewikkelde samestelling van korporatiewe gierigheid en totale minagting van veiligheid, asook professionele onbevoegdheid, foute en organisatoriese tekortkominge. Die regering het sy verskoning vir die tragedie herhaal.