Ster Kinekor heropen teaters in Suid-Afrika

Die sakeredder-praktisyn van Ster Kinekor in Suid-Afrika, Stefan Smyth, het die nodige ondersteuning gekry om die spertyd van die publikasie van die sake-reddingplan tot 30 September uit te stel. Hy sê hul reddingsinisiatiewe is effens vertraag deur vlak 4 van die inperking. Dit het teaters ook verhoed om sake te doen. Hy sê hulle is verheug om te kan heropen. Met die aanpassing na vlak 3, het 19 teaters verlede week heropen en 33 gister.