Stemmery oor staking vorder goed

Meer as ‘n duisend staatsamptenare het tot dusver hul stemme gebring by verskeie lokale regoor die land. Die meeste van die werknemers sê hulle is ten gunste van die staking en word nie geroer deur die regering se standpunt van ‘geen werk, geen betaling’ nie. Minstens sewe staatsamptenare sê hulle is weggewys van ‘n lokaal in Khomasdal aangesien hulle nie van die Khomas-streek afkomstig is nie. Die groep, wat sê hulle is om verskeie redes in die streek, het hul teleurstelling uitgespreek oor die vakbond se versuim om reëlings vir hulle te tref. Die amptenare stem vandag en Vrydag oor of hulle met ‘n staking sal voortgaan of nie. Dit volg nadat loononderhandelings op ‘n dooiepunt uitgeloop het.