Stem-uitslae oor TransNamib staking vandag verwag

Daar word verwag dat die uitslae van die stemmery deur TransNamib se werkers oor of hulle gaan staak of nie, vandag bekend sal wees. Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersvakbond, Natau, sou reeds op 18 Julie landswyd gestaak het na mislukte onderhandelings oor salarisverhogings. ‘n Tydelik interdik is deur die maatskappy in hoërhof bekom en die saak is uiteindelik van die rol verwyder. Die werkers het Vrydag gestem. TransNamib se uitvoerende hoof Johny Smith het reeds te kenne gegee dat daar nie geld is vir verhogings nie.