Statistieke-agentskap soek jou voertuig
Met die sensus wat uiteindelik in September vanjaar afskop is daar ‘n gulde geleentheid vir voertuig-eienaars om munt daaruit te slaan. Eienaars kan self hul voertuie bestuur of, ‘n bestuurder sal deur die Namibiese Statistieke-agentskap aangewys word. Daar is meer as 2 800 voertuie nodig. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe voertuig-eienaars aansoek kan doen.