Statebondspele was goeie leerskool vir fietsryers

Die Namibiese Fietsry-federasie het gereageer op die Namibiese mans-padfietsryers wat Sondag gesukkel het by die Birmingham Statebondspele. Alex Miller het 47ste geëindig in ‘n tyd van drie ure, 37 minute en 8 sekondes. Die ander fietsryers, Tristan de Lange, Drikus Coetzee, Xavier Papo en Jean-Paul Burger het nie die wedren voltooi nie. Die president van die federasie, Axel Theissen sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit was ‘n goeie leerskool vir Namibiese fietsryers.