Statebondspele: Fietsryer Vera Looser kort-kop van brons-medalje

Namibiese fietsryer Vera Looser het net-net nie ‘n brons medalje in die padfietswedren by die Birmingham Statebondspele verwerf nie. Sy het vierde geëindig in ‘n tyd van 2 uur, 44 minute en 46 sekondes. Haar spanmaat Anri Krugel het nie die wedren voltooi nie. Georgia Baker van Australië het goud gewen, gevolg deur die Skot Neah Evans en nóg ‘n Australiër Sarah Roy in die derde plek.