Starmer sê die jongste migrasie-syfers bewys Tories het oop grense gehad
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, beskuldig die vorige Konserwatiewe regering dat hy ʼn oopgrens-eksperiment bedryf het. In die jaar tot Junie 2023 het 906 000 mense na die Verenigde Koninkryk migreer wat heelwat hoër is as vroeëre skattings. Altesaam 1,2-miljoen mense het na raming in die jaar tot Junie 2024 in Brittanje aangekom terwyl 414 000 die land verlaat het. Starmer sê ʼn nuwe witskrif met voorstelle vir wetgewing om immigrasie te verminder, sal binnekort uitgegee word: