Standaardgraad-uitslae môre bekend

Die Namibiese onderwysministerie sê die uitslae van die net meer as 40 000 leerders wat die standaard-graad senior sekondêre sertifikaat geskryf het, sal môre beskikbaar wees. Kandidate kan hul uitslae op die ministerie se webtuiste kry of hul kandidaatsnommers na 99 0 99 of 55 7 55 SMS. Die Namibiese Studente Hulpfonds aanvaar nog aansoeke tot en met 31 Maart vanjaar en toekennings sal einde April bekend wees. Beide Nust en die International University of Management het ‘n spesiale toelatingsperiode vir registrasie vir die leerders geskep maar, Unam het reeds op 4 Maart gesluit.