Stampriet se water bevat redelik baie radioaktiewe nukleotides

‘n Afgetrede myningenieur Alexander Boystov, sê daar is radioaktiewe nukleotiede in die ondergrondse water in die Stampriet-bekken opgemerk. Boystov, wat by ‘n Uranium One-geleentheid in die hoofstad gepraat het, sê die vlakke is ook effe hoog. Die maatskappy wil in-situ loging gebruik om die uraanbronne, wat tussen verskeie akwifers ondergronds gevind is, te ontgin. Die proses benut swaelsuur vir die loging maar, met die proses word water versuiwer en teruggepomp. Dus meen Boystov, die water kan moontlik skoner teruggesit word as wat dit tans is. Radioaktiewe nukleotide kom algemeen in drinkwater voor en op lae vlakke is daar geen bron van kommer nie. Die projek lok steeds reaksie uit met groot kommer van veral die landbou-gemeenskap wat kommer het oor die besoedeling van allerbelangrike waterbronne in die gebied.