Staking: GRN moet intree, dit sal katastrofies wees

Duisende staatsamptenare het tot dusver hul stemme gebring by verskeie lokale regoor die land. Die meeste van die werknemers sê hulle is ten gunste van die staking en word nie geroer deur die regering se standpunt van ‘geen werk, geen betaling’ nie. Die staatsamptenare stem nog vandag tot vyf-uur vanmiddag oor of hulle met ‘n staking sal voortgaan of nie. Dit volg nadat loon-onderhandelings op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Nico Smit, die skadu-minister van finansies van die opposisieparty, die Popular Democratic Movement, sê die regering moet met ‘n oplossing vorendag kom voor ‘n staking, want dit sal katastrofies wees.