Stadspolisie behaal groot sukses met huisbrake

Die Windhoek Stadspolisie het deur middel van ‘n intelligensie aangedrewe operasie, groot sukses gehad met die vlaag huisbrake wat veral in Khomasdal voorgekom het. ‘n Wit Polo voertuig was in die misdade gebruik en die polisie het die voertuig, verskeie nommerplate en talle gesteelde goedere in Oshitenda, Ombili gevind. Superintendent Celie Kapolo van die Stadspolisie het meer.

Sy voeg by die verdagtes hou verband met die onlangse arrestasie van ‘n sindikaat van buitelanders wat gesteelde skootrekenaars gekoop het om in buurlande te verkoop.