Stad Windhoek wil nuwe uitvoerende hoof se kontrak met 12 maande verleng

Die Stad Windhoek se bestuurskomitee het besluit om die pos van sy nuut aangestelde waarnemende hoof uitvoerende beampte, George Mayumbelo, wat op 30 November 2022 sou aftree, vir die volgende 12 maande verleng. Stad Windhoek het Woensdag sy aanstelling tot 30 November 2022 aangekondig. Mayumbelo, wat die strategiese uitvoerende beampte vir die menslikekapitaal- en korporatiewe diensafdeling is, vervang O’Brien Hekandjo. Die verlenging van Mayumbelo se kontrak is op bestuurskomitee-vlak hanteer en die aanbeveling is na die raadsvergadering aan die einde van die maand gestuur vir goedkeuring of verwerping.