Stad Windhoek weet niks van wat op grondvlak aangaan nie

Die Stad Windhoek beplan om huiswinkels in woongebiede te verbied, ‘n besluit wat meer as 820 kleinskaalse geregistreerde winkels regoor die stad kan raak. Die stad sê dat hulle tans nuwe aansoeke vir tuis-gebaseerde besighede van die hand wys. ‘n Nuwe munisipale beleid is voorgestel om kommersiële aktiwiteite by residensiële eiendomme uit te faseer, veral wat huiswinkels betref. ‘n Ontstelde Danny Meyer van SMEs Compete sê Stad Windhoek is nie in voeling met die realiteit op grondvlak nie.