Stad Windhoek: Politieke partye onderteken koalisie-ooreenkoms

Ná agt maande se heen en weer politiekery tussen partye in die Windhoekse stadsraad, is ‘n koalisie-ooreenkoms uiteindelik vandag tussen die partye onderteken. Nudo se sekretaris-generaal, Joseph Kauandenge, het by die mediakonferensie gesê die partye kon daarin slaag om hul verskille opsy te skuif en almal ondersteun die koalisie-ooreenkoms. Die Windhoek-koalisie is gevorm tussen die Affirmative Repositioning-beweging met twee setels, Independent Patriots for Change met vier setels, en die Popular Democratic Movement en National Unity Democratic Organisation oftewel Nudo, met een setel elk. AR-leier dr. Job Amupanda lei die koalisie as burgemeester. Joseph Kauandenge van Nudo…