Stad Windhoek: Openbare peiling volg wat omstrede standbeeld sal vervang

Stad Windhoek sal ‘n openbare peiling hou deur middel van die kuns- en kultuur-afdeling om inwoners van die hoofstad te vra wat opgerig moet word in die plek van die standbeeld van Curt von Francois. Die standbeeld is die week, na 57 jaar, verwyder. Die stad se kommunkasie-bestuurderHarold Akwenye het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.