Stad Windhoek ondersteun Gawanas, kap Nampol oor brutaliteit

Die arrestasie van die Windhoek burgemeester Sade Gawanas, bly in die nuus. In ‘n verklaring deur Stad Windhoek, sê O’Brien Hekandjo, die waarnemende uitvoerende hoof van die stad, dat Gawanas aan diens was in Okahandja-park. Die stad sê sy is in hegtenis geneem na sy haarself identifiseer het en dat hy dit ten sterkste veroordeel. Die verklaring maak ook melding van polisie-brutaliteit en doen ‘n beroep op Nampol om aanspreeklikheid te bevorder. Die verklaring bevestig verder die klagte wat Gawanas gelê het en sê hy vertrou die regstelsel in die land.