Stad Windhoek keur Ramatex-perseel as Covid-noodsentrum goed

Stad Windhoek se raadslede het vandag die Ramatex-perseel besoek waar ‘n Covid-noodsentrum opgerig gaan word. Die aansoek om die Ramatex-perseel as ‘n Covid-noodsentrum te gebuik, is deur die raad goedgekeur, het die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, gesê. Die vereistes van die gesondheidsministerie moet nog goedgekeur word, het sy aan aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.

Namibië neem ook deel aan Wêreldskoonmaakdag wat môre plaasvind. Streeks- en plaaslike rade, organisasies en die publiek word aangemoedig om die land môre te help skoonmaak. Amutenya het Windhoekers uitgenooi om die stad skoon te maak.