Stad Windhoek is doodstil oor Kanime

Stad Windhoek weier om kommentaar te lewer oor die hofbeslissing dat die Hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime weer aansoek sal moet doen vir sy pos. Die Stad wou ook nie sê of hy wel ‘n aansoek ingedien het, al dan nie. Dit volg na die Hoërhof beslis het dat die 3-jaar verlenging van sy aanstelling deur die vorige Windhoek Stadsraad, onwettig was. Luidens plaaslike media, het Ignatius Semba van die PDM-party en ook ‘n lid van die stadsraad die aansoek voor die hof gebring. Nuusagentskappe berig Kanime het op 29 April verlede jaar die verlengde kontrak onderteken.