Stad Windhoek hou partytjie om 2023 in te lei

Stad Windhoek bied sy jaarlikse gratis Nuwejaarspartytjie op Saterdag 31 Desember by sy parkeerterrein aan. Volgens die woordvoerder van die hoofstad, Harold Akwenye, sal plaaslike kunstenaars soos One Blood, Ethnix, T-Bozz en Staika en Tate Buti Windhoekers en besoekers in 2023 inlei. Dele van die strate voor die munisipaliteit by die kruising van Onafhanklikheidslaan en Sam Nujoma ry-laan, asook en Gartenstraat sal gesluit wees vir die vieringe wat om ses-uur die aand begin.