Stad Windhoek het uitdagings met rondloperhonde

Talle rondloperhonde loop in Windhoek se strate rond sonder noodsaaklike sorg. Die Windhoek-munisipaliteit het boetes in plek vir eienaars van rondloperhonde. Volgens Stad Windhoek se hoofwoordvoerder, Harold Akwenye is dit moeilik om boetes op te lê as hulle nie weet wie die honde-eienaars is nie, veral as ‘n hond nie ‘n naamplaatjie het nie. Hulle vat normaalweg sulke honde na die Dierebebeskermingsvereniging toe. Hulle doen ‘n beroep op inwoners van Windhoek om indien moontlik, dieselfde te doen. Akwenye antwoord aan Kosmos 94.1 Nuus ná ‘n klag van luisteraar.

https://iframe.iono.fm/e/1091497