Stad Whk se N$24,5m-saak teen Dairies draai in hof vandag

Die saak waar Stad Windhoek Namibia Dairies vir net meer as 24,5 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na ‘n swaar-oliestorting in Februarie 2019 dagvaar, is vandag voor regter George Coleman vir saakbestuur. Die stad sê ‘n foutiewe klep by die Avis-aanleg van Dairies het veroorsaak dat die olie nie net in die Gammams-herwinningsaanleg beland het nie maar het ook besoedeling daar en by die aanleg veroorsaak. Die stad kon ook ‘n geruime tyd nie die aanleg benut nie en dagvaar nie net vir omgewingsbesoedeling en kostes van opruiming nie, maar ook vir verlies in inkomste. Dairies het te kenne gegee dat hy die saak sal verdedig maar stukke is nog nie ingedien nie.