Stad Whk is blykbaar op dun ys… Uutoni sê sake moet in orde kom

Die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni sê die Windhoek-stadsraad is op dun ys. Volgens wat berig word, dreig hy om die raad te ontbind as hy nie sy sake in orde kry nie. Ingevolge die wet het hy die reg om die stap te neem. Die munisipaliteit het steeds nie ‘n uitvoerende hoof nie en die bestuurskomitee is ook nog nie saamgestel nie. Uutoni sê die belangrikheid van ‘n bestuurskomitee kan nie oorbeklemtoon word. Plaaslike media berig dat wel geplaaste bronne bevestig het die minister se geduld is op. Die Windhoek-stadsraad sukkel met sy koalisie en daar is tussengevegte.