Stad Tshwane wil insette lewer oor Aarto-wet

Die Stad Tshwane sê hy is in ‘n perfekte posisie om waardevolle insette te lewer voor die inwerkingstelling van die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings-stelsel landswyd. Die Aarto-stelsel is eerste in Johannesburg en Tshwane in gebruik geneem. Die Konstitusionele Hof het Woensdag die Aarto-wet grondwetlik en geldig verklaar. Die burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê hulle sal met die nasionale departement van vervoer in gesprek tree.