Stad Tshwane se aktiewe Covid-19-gevalle styg skerp

Die Stad Tshwane het nog ‘n aansienlike week tot week styging in aktiewe Covid-19-gevalle beleef. Volgens die jongste verslag is daar vandag 26 796 aktiewe gevalle in die stad. Die voortslepende toename in besmettings dui op die felheid van die derde vlaag. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die syfer het die vorige week op 24 669 gestaan.