Stad Tshwane beraam klimaat-aksieplan

Die Stad Tshwane beraam ‘n klimaat-aksieplan om te verseker die metro is teen 2050 koolstofvry en klimaatbestand. Dis algemeen bekend dat die wêreldwye stryd teen klimaatsverandering van alle stede in alle uithoeke van die wêreld vra om hul deel by te dra. Die woordvoerder van die stad, Sello Mphaga, sê die stad se volhoubaarheidsafdeling nooi belanghebbendes om die inligting oor die klimaatsrisiko en kwesbaarheid te besigtig.