Stad Kaapstad verwag rekordgetal toeriste
Die Stad Kaapstad verwag in die naderende Desember-vakansie ʼn rekordgetal besoekers. Tussen Januarie en Maart vanjaar was daar ʼn jaarlikse toename van 16-persent in toeriste wat per lug na Kaapstad reis. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê hulle wil Kaapstad met meer sleutel-bronmarkte verbind.