Stad Kaapstad moedig handelaars aan om te registreer vir Informele Ekonomie-beraad

Die Stad Kaapstad moedig rolspelers in die informele ekonomie, soos handelaars, aan om te registreer vir vanjaar se distriksberaad, wat die direktoraat van ekonomiese groei volgende Dinsdag aanbied. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die Informele Ekonomie-beraad is ‘n geleentheid vir die sektor om met die stad in gesprek te tree oor sy uitdagings en om saam die oplossings te ondersoek.