Staatsrede: Korrupsie, Phala Phala moet aandag kry
Corruption Watch sê President Cyril Ramaphosa moet voorkeur gee aan die hoë vlakke van korrupsie binne die regering wanneer hy vanaand sy staatsrede lewer. ʼn Senior navorser, Melusi Ncala, sê Suid-Afrika word al vir jare deur versnelde korrupsie geteister. Volgens hom het die uitwerking van korrupsie die regering se verbintenis benadeel om landwyd dienste te lewer: