Staatsondernemings domineer die mark, verstrengel private sektor

’n Sterker private sektor kan Namibië se ekonomiese herstel van die resessie en die Covid-pandemie ’n hupstoot gee, maar staatsondernemings wat die mark regeer en voordeel trek uit voorkeurbehandeling, kortwiek die volle potensiaal van die sektor. Namibië se grootliks monopolistiese markstruktuur en oorheersende openbare sektor skep ‘n ongelyke dominante openbare sektor. Dit is volgens die Wêreldbank en die Internasionale Finansieringskorporasie se verslag, Namibia Country Private Sector Diagnostic. Professor Teresa Kaulihowa, ‘n ekonoom aan die Unam, gee haar siening in hierdie verband.