Staatsmedia word wel voorgetrek

Privaat mediahuise is keelvol vir wat hulle beskryf as ‘media apartheid’. Die heersende Covid-pandemie het die belangrikheid van toegang tot inligting, veral die korrekte inligting, herhaaldelik beklemtoon, en tog, kom dit voor asof die owerhede voorkeur gee aan sy eie mediahuise. Inligting word gereeld eers aan die instansies verskaf voor privaatmedia dit ontvang. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê dit is nie ‘n nuwe tendens nie…