Staatskole gereed om te heropen
Dit is tyd vir leerders om ná die wintervakansie terug te gaan skool toe. Staatskole heropen op Dinsdag vir die oorblywende helfte van die skoolkalenderjaar. Skole het vroeg in Junie vir ‘n lang wintervakansie gesluit. Leerders en onderwysers, sowel as ander staatsamptenare het dalk na verskillende bestemmings gereis om óf familie en vriende te besoek óf dalk net om ‘n broodnodige ruskans te neem. Die ondewysministerie wens hul leerders en onderwysers ‘n veilige reis terug skoolbanke toe. Adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie Edda Bohn het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…