Staatshoofde, Prinses Anne op pad na Windhoek

Die inligting-minister, Emma Theofelus, het aangekondig dat 27 internasionale afvaardigings, waarvan 18 staatshoofde en verteenwoordigers van regerings is, president Hage Geingob se amptelike gedenk- en begrafnisdiens sal bywoon. Theofelus het by die daaglikse inligtingsessie oor die begrafnisreëlings gesê die gaste sluit in die Britse koninklike Prinses Anne en die president van Duitsland, Frank-Walter Steinmeier.