Staatsgrepe: dit is nie weermag se doel nie

Elite soldate wat ‘n vermeende staatsgreep in die Republiek van Guinee in Wes-Afrika uitgevoer het, gaan streeksgoewerneurs met militêre personeel vervang. Kolonel Mamadi Doumbouya, het gesê hy het in die beste belang van die nasie se meer as 12,7 miljoen mense opgetree. Hy sê daar is nie genoeg ekonomiese vordering gemaak sedert die land sy onafhanklikheid van Frankryk in 1958 gekry het nie. Afrikalande se weermagte is reeds ‘n geruime tyd betrokke by die tipe van aksies, en professor Nixon Kariithi, ‘n Suid-Afrikaanse media-strateeg en analis het sy reaksie in die verband so verwoord.