Staatsamptenare wil meer weet oor SAL-ooreenkoms

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatdiensamptenare soek dringend duidelikheid oor die beweerde betrokkenheid van die Openbare Beleggingskorporasie by die befondsing van die omstrede verkryging van ‘n 51 persent belang in die Suid-Afrikaanse Lugdiens deur die Takatso-konsortium. Dié beroep deur die VSA volg ondanks die ontkenning deur die OBK dat hy by die finansiering van die ooreenkoms betrokke is. Reuben Maleka van die vereniging sê die bestuur van die pensioenfonds vir staatsdienswerkers moet vandag na die staatsdiens se koördineringsbedingingsraad kom om duidelikheid oor die aangeleentheid te gee: